Ramesseum

25°43′40″N 32°36′38″O / 25.72778°N 32.61056°O / 25.72778; 32.61056

Ramesseum
'n Lugfoto van Thebe se Ramesseum, wat die pilare en bygeboue wys.
'n Lugfoto van Thebe se Ramesseum, wat die pilare en bygeboue wys.
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodetempel
Streek Deir el-Bahari,
Bo-Egipte
Geskiedenis
Bouer Ramses II
Gestig 13de eeu v.C.
Kulture Antieke Egipties
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Thebaanse Dodeakker
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Inskripsie 1979 (3de sessie)
Streek† Arabiese state
Beskrywing* Thebe en sy nekropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Ramesseum is die dodetempel van farao Ramses II ("Ramses die Grote"). Dit is in die Thebaanse Dodeakker in Bo-Egipte geleë, aan die westeroewer van die Nylrivier en oorkant Thebe (die moderne stad Luxor).

Die Franse naam, Rhamesséion is geskep deur Jean-François Champollion, wat die ruïnes van die terrein in 1829 besoek het en die eerste persoon was wat besef het die hiërogliewe teen die mure spel Ramses II se naam en titels. Die oorspronklike naam was die "Huis van 'n miljoen jaar van Oesermaätra-setepenra, wat met die stad Thebe in die Domein van Amon verbind".[1] Oesermaätra-setepenra was die praenomen van Ramses II.

  1. Guy Lecuyot. "The Ramesseum (Egypt), Recent Archaeological Research". Archéologies d'Orient et d'Occident. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2007. Besoek op 7 Maart 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy